April 18, 2021

Familie van vier sterf in tromp-op botsing

Die familie het nog nie begrafnisreëlings bekendgemaak nie.

Familie van vier sterf in tromp-op botsing (Foto: Rekord)

Familie van vier sterf in tromp-op botsing (Foto: Rekord)

RICHARDSBAAI. – ’n Familie van vier van Boksburg is oor die Paasnaweek dood toe hulle 160 km van hulle bestemming af in ’n tromp-op botsing betrokke was.

Clive (32), Claudia (25) en hulle twee kinders, Aiden (4) en Leané (5) was in die voertuig op pad om vir familie op Richardsbaai te gaan kuier toe ’n tweede motor reg van voor teen hulle motor gebots het. Die ongeluk het Vrydagaand om ongeveer 21:30 plaasgevind.

Rekord berig Natasha Wright, Claudia se suster, sê hulle het geen inligting oor die motor wat die ongeluk veroorsaak het of oor die bestuurder nie. Daar word wel ondersoek ingestel.

Die familie het nog nie begrafnisreëlings bekendgemaak nie.

Claudia en Clive het hulle huweliksherdenking op 1 Maart gevier. Hulle was 11 jaar saam.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: