Munisipale bus tref twee vrouens in parkeerarea van kliniek

Deel hierdie storie / Share this story

BOKSBURG. – ‘n Munisipale bus het vanoggend (Dinsdagoggend) twee vrouens in die parkeerarea van ‘n kliniek doodgery.

Daar word beweer die bestuurder van die bus het beheer oor die voertuig verloor. ‘n Veiligheidswag en ‘n vrou wat die kliniek besoek het, het op die toneel aan hulle beserings beswyk.

Munisipale bus en nie skoolbus nie

Nuus oor die busongeluk is dadelik op sosiale media gedeel. Mense het eers die afleiding gemaak dit was ‘n skoolbus wat by die ongeluk betrokke was..

‘n Stemboodskap saam met ‘n foto van die voorval het toe bevestig dit was nie ‘n skoolbus nie, maar wel ‘n munispale bus. Die boodskap lui verder net die bestuurder was tydens die voorval in die bus.

Nomadlozi Nkosi, burgermeesterkomiteelid vir gemeenskapsdiens, sê die voorval word ondersoek.

LEES OOK: Leon Brits se vrou betaal glo R400 000 en diamantring om man te vermoor

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.