April 21, 2021

DA-lid in hof vir beweerde poging tot moord

Nhanha is op borgtog van R500 vrygelaat en die saak is tot vandag, 7 Junie, uitgestel.

DA-lid vir beweerde poging tot moord in hof

DA-lid vir beweerde poging tot moord in hof Foto: Sowetanlive.co.za

OOS-KAAP. – ‘n DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies (NCOP), Mlindi Nhanha (51), het vlugtig op aanklag van poging tot moord in die Alice-landdroshof verskyn.

“Daar word beweer dat Nhanha op Sondag 4 April 2021 omstreeks 03:00 in die Dyamala-lokasie in Alice ‘n onderonsie met sy vrou Vatiswa gehad het. Hy het haar daarna na bewering aangerand,” sê Anelisa Ngcakani.

Vatiswa se 40-jarige broer, Mxolisi Daniel, het hom na bewering uit die huis gejaag. Daar word beweer Nhanha het gewelddadig teenoor sy swaer geword. Hy het glo na sy motor gegaan het, sy vuurwapen geneem en op hom begin geskiet. Die skoot was mis.

DA-lid op borgtog vrygelaat

Nhanha het die huis verlaat en Daniel het ook vertrek om die saak by die Alice-polisiekantoor aan te meld. Nhanha is die volgende dag in hegtenis geneem en daar is glo op sy vuurwapen beslag gelê.

Daniël het daarna ‘n onttrekkingsverklaring ingedien waarin hy noem dat hy en Nhanha hul verskille opgelos het.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sal egter die saak bestudeer en besluit of die saak voortgaan of nie.

Nhanha is op borgtog van R500 vrygelaat en die saak is tot vandag, 7 Junie, uitgestel.

LEES OOK: Vermeende kinderverwaarlosing, ma uit met waarskuwing

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: