April 18, 2021

Vermeende kinderverwaarlosing, ma uit met waarskuwing

Daar is ook ontdek dat die kinders twee agtereenvolgende jare nie skoolgegaan het nie

Ma in hof vir beweerde kindermishandeing, op waarskuwing vry

Ma in hof vir beweerde kindermishandeing, op waarskuwing vry Foto:pngkey.com

JAN KEMPDORP. – Sers. Andrew Ntlhati van die Hartswater-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) ondersoek tans ‘n saak van vermeende kinderverwaarlosing op Jan Kempdorp.

Gedurende September 2020 is ‘n anonieme klag by die polisie ingedien van drie kinders van twee, agt en 11 jaar wat alleen om middernag in die strate van Jan Kempdorp ronddwaal.

Ma dan weer in hof vir vermeende kinderverwaarlosing

“Die polisie het opgevolg en gevind dat die kinders na bewering ondervoed en liggaamlik mishandel is. Die moeder is in hegtenis geneem en het in die landdroshof op Jan Kempdorp verskyn. Sy is met ‘n waarskuwing vrygelaat en die kinders is uit haar sorg verwyder. Daar is ook ontdek dat die kinders twee agtereenvolgende jare nie skoolgegaan het nie,” sê kapt. Sergio Kock.

Nhlati en sy vrou het ekstra moeite gedoen om die 8-jarige meisie en die 11-jarige seun by ‘n plaaslike laerskool ingeskryf te kry. Hulle het ook volledige stelle skooldrag vir die broer en suster gekoop, terwyl die 2-jarige meisie ook deur die paartjie geklee is. Die Overland Bottle-winkel het ook kruideniersware voorsien vir die kinders wat tans by ‘n versorger woon.

Die moeder is met ‘n waarskuwing vrygelaat en die saak vir kinderverwaarlosing is vir 7 April 2021 in die landdroshof op Jan Kempdorp geskeduleer. Die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Munisipale bus tref twee vrouens in parkeerarea van kliniek

LEES OOK: Leon Brits se vrou betaal glo R400 000 en diamantring om man te vermoor

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: