KIMBERLEY. – Die voormalige laerskool-sportafrigter wat in hegtenis geneem is op aanklagte van statutêre verkragting, verskyn vandag weer in die landdroshof in Kimberley.
Sy saak is op 29 Maart uitgestel vir ‘n formele borgaansoek.
Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood
Die 37-jarige sportmeneer het na bewering ‘n 13-jarige meisie verkrag terwyl hy in ‘n verhouding met haar ma was. Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder in Kimberley, sê dit het in Oktober 2020 plaasgevind.
Hou FiND iT dop om op hoogte te bly.



