April 19, 2021

Skietery in wagkamer by dokter, een dood

‘n Skietery het plaasgevind waartydens die volwasse ontvangsdame glo doodgeskiet is.

Skietery in wagkamer by dokter, een dood

Skietery in wagkamer by dokter, een dood Foto:bu.edu

GAUTENG. – ‘n Skietery het Woensdagmiddag in die wagkamer van ‘n dokter op Peter Maganoweg in Mabopane Unit C, Tswane, uitgebreek.

“Berigte beweer dat ‘n onbekende aantal gewapende verdagtes ‘n dokterskamer binnegestorm het en kontant geëis het,” sê Shawn Herbst, Netcare 911 se woordvoerder.

Noodlottig beseer tydens skietery

‘n Skietery het daarna plaasgevind waartydens die ontvangsdame glo doodgeskiet is. ‘n Tweede vrou, vermoedelik ‘n assistent in die doktersspreekkamer, is ernstige beseer toe sy ook geskiet is. Sy is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici op die toneel behandel.

Voorval word ondersoek

Die dokter is ook geskiet en is met ‘n privaat voertuig na die hospitaal vervoer. Hy is daarna met ‘n helikopterambulans van Netcare 911 na ‘n spesialiseenheid vervoer.

Omstandighede wat tot die voorval gelei het, sal deur die betrokke owerhede ondersoek word.

LEES OOK: Michayla (18) steeds vermis na nege dae

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: