Kobus Wiese in hospitaal ná hartaanval

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die voormalige Springbok-rugbyspeler, Kobus Wiese (56), is in die hospitaal opgeneem na hy ’n massiewe hartaanval gehad het.

Die voormalige Springbok-slot en televisie-aanbieder is volgens Suparugby se Facebook-plasing in die MediClinic Panorama in Kaapstad opgeneem.

Lees ook: Moordklagtes teen joost se broer laat vaar

Daar word gesê Wiese is tans stabiel en dat hy via WhatsApp met sy broer, Cornel, kon kommunikeer.

Boodskappe van bemoediging en spoedige herstel stroom in op sosiale media.

Lees ook: Gedenkdiens die Vrydag vir Simoné