Aartappelskille – moenie dit weggooi nie

Dink voordat jy weer sommer aartappelskille weggooi.

Ons is almal vinnig om aartappelskille weg te gooi. Jy kan egter iets te ete daarmee maak.

Ons is almal vinnig om aartappelskille weg te gooi. Jy kan egter iets te ete daarmee maak. (Foto: Resepte vir almal)

Ons gooi almal vinnig aartappelskille weg. Jy kan egter iets te ete daarmee maak. Die volgende is ‘n heerlike resep vir gevulde aartappelskille.

Trudy Pienaar, wat die resep met ons op die Facebook-groep Resepte vir almal gedeel het, sê in haar huis word daar nie aartappelskille weggegooi nie.

Wanneer jy ‘n aartappelgereg maak, kook die artappels en sny dit in die helfte. Skep die binnekant met ‘n lepel uit die skil uit sodat die skil ‘n doppie vorm. Bêre die skildoppies in die yskas. Die volgende aand kan jy gevulde aartappelskille as ‘n bykos bedien.

Die volgende is verskillende idees vir aartappelvulsel wat Pienaar al gemaak het, maar sy sê dit is aanpasbaar en elkeen kan die resep sy eie maak.

  • Maalvleis met rissie
  • Spek en sampioene
  • Oorskiet braaivleis met suurroom
  • Eier en tamatie

Verder vertel Pienaar sy braai aartappelskille in olie en bedien dit as slaptjips met Aromat vir haar kinders.

Lees ook: Maria (101) kry werk by wynmaatskappy om haar eie lekkernye te koop

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: