7de Laan – petisie deur aanhangers oor verminderde uitsaaityd

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG.- Die South African Broadcasting Corporation (SABC) sê hulle is bewus van ‘n petisie wat die rondte op sosiale media doen. Die petisie is opgestel deur 7de Laan-aanhangers wat gekant is dat die sepie nou net drie keer per week uitgesaai sal word.

Volgens ‘n mediaverklaring deur die SABC word ‘n nuwe sepie die ander twee dae in 7de Laan se tydgleuf uitgesaai. Die sepie se naam is Die Sentrum.

Die SABC beoog om meer diverse sepies uit te saai. Hulle wil graag meer plaaslike dramas ondersteun. Verder lui die verklaring dat die SABC kennis neem van die gewildheid van ‘n sepie en daarom hoef 7de Laan-kykers nie bekommerd te wees nie. Die sepie sal nie gestaak word nie, maar sal van Maandag tot Woensdag uitgesaai word.

Lees ook: Carin Bester doen ‘n jaarlange video teen GBV