Carin Bester doen ‘n jaarlange video teen GBV

KAAPSTAD.- Carin Bester, 'n uitvoerende kunstenaar en aktrise, het die 1ste April begin om 'n jaarlange video-opvoering te doen. Elke 190 minute sal Bester haarself opneem om geslagsgeweld (GBV) te beklemtoo

KAAPSTAD.- Carin Bester, 'n uitvoerende kunstenaar en aktrise, het die 1ste April begin om 'n jaarlange video-opvoering te doen. Elke 190 minute sal Bester haarself opneem om geslagsgeweld (GBV) te beklemtoo (Foto: IOL)

KAAPSTAD. – Carin Bester, ‘n uitvoerende kunstenaar en aktrise, het die 1ste April begin om ‘n jaarlange video-opvoering te doen. Elke 190 minute sal Bester haarself opneem om geslagsgeweld (GBV) te beklemtoon.

Volgens IOL is Bester reeds in haar sesde dag van die optrede. Elke 190 minute wat verby is, sê Bester: “She had a name” op video. Dit beteken sy sal vir ‘n jaar lank nie meer as drie ure op ‘n slag kan slaap nie.

“Vir ‘She had a Name 365‘ het ek gekyk na die Suid-Afrikaanse misdaadstatistieke van April 2015 tot Maart 2020. Gemiddeld 7,6 vroue word elke dag vermoor. Dit kom neer op ‘n vrou wat elke 190 minute vermoor word. Nie net ‘n slegte jaar of twee nie, maar die gemiddelde aantal vroue wat die afgelope vyf jaar vermoor is. Dit is die gru-werklikheid van die omvang van vrouedood in Suid-Afrika,” het Bester gesê.

GBV is ‘n probleem in SA

“As vrou, as kunstenaar en as aktivis word ek baie hierdeur geraak. Ek hoop om my optrede te gebruik om die aandag van die publiek op hierdie saak te vestig. Om mense aan te moedig om aktief betrokke te raak in die stryd teen GBV. Dit is ‘n lewe-of-doodskwessie, en ons moet sorg dat ons almal hierteen opstaan. Om oorlewendes te help om toegang te kry tot die hulp wat hulle nodig het. Om oortreders voor die gereg te bring en dat maatskaplike en regshervormings gemaak word om hierdie werklikheid te verskuif.”

Bester het die idee gekry toe sy besef daar moet ‘n jaar lank aandag gegee moet word aan GBV in plaas van net die 16 dae van aktivisme teen GBV.

As deel van haar projek sal Bester inligting van organisasies wat saam veg teen GBV deel. Sy gaan ook inligting deel oor hoe die publiek kan uitryk en help.

Lees ook: Apple geblameer toe vals toep man se bitcoin steel

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *