Een in elk drie in mishandelende verhouding

As jy weet van iemand wat in ’n mishandelende verhouding is, moenie stilbly nie. Jy kan moontlik daardie persoon se lewe red.

Een in elk drie in mishandelende verhouding

Een in elk drie in mishandelende verhouding Foto: healthscopemag

Een in elke drie mense wat jy in die straat of in ’n eetplek sien, is in een or ander vorm van ’n mishandelende verhouding. Dalk is dit daai seuntjie se ouers. Hulle kom dalk net as streng in die openbaar voor.

Of dalk is dit daardie jongmeisie se kêrel wat haar so styf teen hom vasdruk terwyl sy langs hom sit.

LEES OOK: Prins Phillip oorlede

Gevaartekens om na op te let

Dit kan moeilik wees om die tekens van gesinsgeweld raak te sien omdat dit dikwels in die geheim gebeur en slagoffers gemanipuleer en gedreig word.

  • Wanneer iemand ’n ander beheer ten opsigte van wat hy of sy mag dra, sê, dink en doen.
  • Wanneer ’n persoon daagliks menige oproepe van dieselfde persoon af kry.
  • Wanneer die persoon nie voor ander mense met daardie spesifieke persoon oor die foon wil praat nie.
  • Wanneer ’n vrou ewe skielik anders begin aantrek en nie meer grimering of juwele dra nie.
  • Wanneer ‘n persoon minder selfversekerd en skrikkerig lyk as wat sy of hy vroeër was.
  • Wanneer ’n persoon sleg van haarself of homself begin praat.
  • Wanneer ’n persoon hom of haar distansieer van vriende en familie.
  • Wanneer ’n persoon se lewensmaat beheer wie die persoon mag sien of wanneer die persoon mag uitgaan en waarheen.
  • Wanneer ’n persoon se lewensmaat hom of haar in die openbaar verneder.

As jy weet van iemand wat in ’n mishandelende verhouding is, moenie stilbly nie. Jy kan moontlik daardie persoon se lewe red.

LEES OOK: Is jy ’n iPhone-gebruiker? iPhone wenk van die dag

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *