LONDEN. – Prins Phillip (99), man van die Britse koningin Elizabeth II en hertog van Edinburgh, is oorlede. Die koninklike familie het dit pas op hulle Facebook-bladsy bekend gemaak.
LEES OOK: Is jy ’n iPhone-gebruiker? iPhone wenk van die dag
Die prins het vanoggend by Windsor-kasteel gesterf.
Hartprobleme
Prins Philip het sedert Februarie vanjaar met ’n harttoestand gesukkel en het ’n suksesvolle operasie ondergaan. Hy is eers na ’n maand uit die hospitaal ontslaan. Die koninklike familie het nog nie bevestig of hartprobleme die oorsaak van sy dood was nie.
Koningin ondersteun
Prins Philip het die koningin 65 jaar lank ondersteun, terwyl hy in 2017 uit sy openbare rol getree het en sedertdien grootliks buite sig gebly het.
“Die koninklike familie berou sy heengaan saam met mense regoor die wêreld.”



