JOHANNESBURG. – Verskeie leerders van Parktown Boys High is geskors nadat ‘n video waarin graad 12-seuns baklei oral op sosiale media gedeel is.
“Hierdie leerders het swak dissipline gewys en ons versoek leerders om nie die voorbeeld te volg en so op te tree nie,” sê Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys.
Leerders geskors na bakleiery
Lesufi sê verder indien iets leerders pla, moet hulle dit aan ‘n onderwyser of hoof rapporteer en nie die situasie in hulle eie hande neem nie. Sy sê leerders moet veral nou op hulle skoolwerk fokus.
Die voorval het glo al Donderdag voor die skool se snoepie gebeur. In die begin van die video kan ‘n paar seuns gesien word. Ewe skielik gryp een leerder ‘n ander en daar word gesien hoe hy dan heeltemal oorrompel word.
Dit is nog nie bekend wat die oorsaal van die bakleiery was nie.
LEES OOK: Swart mamba beland op een van Durban se strande
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



