Swart mamba beland op een van Durban se strande

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ‘n Swart mamba is deur ‘n groep vissermanne op een van Durban se strande gewaar.

The South African berig die vissermanne het dadelik vir Joson Arnold, ‘n slangvanger, ontbied. Die slang was vir ‘n oomblik die see ingetrek deur ‘n groot brander voor hy weer op die sand beland het. In die proses het hy water in sy longe gekry.

Swart mamba kry water in longe

Met behulp van ‘n brawe vroulike omstander op die strand kon Arnold die water uit die swart mamba kry, berig The South African. Hulle het die liggaam van die slang in die lug gehou, terwyl Arnold die kop na onder gehou het. Swaartekrag het veroorsaak dat die ingeslukte en ingeasemde water kon dreineer. Arnold vermoed die swart mamba het moontlik op die strand beland nadat hy in ‘n stormwaterpyp afgespoel het.

Die gevaarlike reptiel is ongeveer 2.3 meter lank. Voor sy in die natuur vrygelaat word, gaan sy eers vir ‘n ruk vir waarneming gehou word.

LEES OOK: Geëlektrifiseerde man se liggaam in bos gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.