Sakeman ‘ontvoer’ nadat hy huis vanoggend verlaat

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE. – Die bekende plaaslike sakeman in Louis Trichardt, Shama Premjee (36), is vanoggend omstreeks 07:50 na bewering deur ‘n onbekende aantal verdagtes ontvoer.

Die slagoffer het vanoggend sy huis in ‘n Mercedes Benz GLC 250 verlaat toe hy glo by een van die stoptekens deur twee voertuie geblokkeer is. Een voertuig het hom na bewering van agter geblok terwyl die ander een voor sy motor geparkeer was. Enkele skote is glo in die omgewing van die toneel gehoor.

Sakeman glo ontvoer by stopteken

Die voertuig van die slagoffer is later verlate langs die pad op die hoek van Forestry- en Berghstraat, Louis Trichardt, gevind.

Die verdagtes het na bewering in ‘n grys Hyundai Accent en ‘n silwer sedanmotor gery. Hulle het in die rigting noordwaarts langs die N1 in die rigting van die Njhelele-pad gery.

Enigiemand met inligting word versoek om kol. Nyelisani Mabatha dringend te kontak by 082 565 8171 of die Crime Stop-nommer 0860010111.

Foto: SAPS

LEES OOK: Nogsteeds geen teken van Michayla Breedt (18)

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.