April 19, 2021

Nogsteeds geen teken van Michayla Breedt (18)

“Dis baie emosioneel. Ek het boonop nog drie jonger kinders ook,” het Jean Breedt, Michayla se ma gesê.

Nogsteeds geen teken van Michayla Breedt (18)

Nogsteeds geen teken van Michayla Breedt (18) Foto: Facebook

GAUTENG. -Daar is nogsteeds geen teken van Michayla Breedt (18) nadat sy laas op 29 Maart 2021 saam met haar ma by OR Tambo-lugahwe was nie.

“Dit is baie emosioneel. Ek het boonop nog drie jonger kinders ook,” het Jean Breedt, Michayla se ma gesê.

“Hulle was by die lughawe en haar ma was besig om met ‘n sekuriteitswag te gesels. Toe haar ma omdraai, het Michayla reeds weggedwaal,” sê Mariska Bothma, wat ook help na haar soek, op Facebook.

Nogsteeds geen teken na 10 dae

Sy het ‘n swart -n-donkerblou gestreepte trui en pienk hemp met ‘n roomkleurige langbroek en vlootblou tekkies aangehad.

Sy loop en praat glo met haarself. Sy raak ook aggressief sodra jy aan haar raak of met haar praat. Sy’s omtrent 1.5 m lank en weeg omtrent 50 kg. Sy het blou oë en sagte sproete op haar neus. Sy het ‘n tatoe wat soos ‘n droomvanger lyk agter op haar nek naby haar hare en ook op haar hande.

Kontak haar ma Jean 0659439854 of haar ouma Rienie 0737050764 of Mariska 0817227812 indien jy weet waar Michayla haar bevind.

Facebook

LEES OOK: KYK: Len Muller maak op video bekend oor geslag van baba

LEES OOK: Kaylyn sterf na haar stryd met aggressiewe breinkanker

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: