April 19, 2021

Skool moet nog besluit of minderjarige moordverdagte mag bly

Volgens kapt. Kock het Vermeulen die seun goed geken.

Vermeulen-dood glo J=jagongeluk

Vermeulen-dood glo jagongeluk Foto: Facebook

DOUGLAS. – Die beheerliggaam van Hoërskool Douglas sal volgende week beslis of die minderjarige verdagte (16), wat in verband met die moord op Leon Keith Vermeulen (40) in hegtenis geneem is, nog sal mag aanbly.

Volgens Netwerk24 gaan die seun tans nie skool nie en is in die sorg van ’n ouer wat in Kimberley woon.

Die liggaam van Leon Keith Vermeulen is Sondag 28 Maart 2021 in ’n veld by Schmidtsdrift gevind. Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Vermeulen was van Kimberley en het in Carters Glen gewoon.

Liggaam in veld opgespoor

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê ’n verbyganger het Vermeulen se liggaam opgespoor toe hy na sy skape omgesien het. Die oorledene het glo ’n skietwond aan sy kop gehad.

Minderjarige in hegtenis

“Die polisie het inligting opgevolg en Dinsdag 30 Maart 2021 ’n 16-jarige seun van Douglas in hegtenis geneem. Hy het Donderdag 1 April 2021 in die landdroshof op Douglas verskyn en het borgtog van R500 ontvang .”

Volgens Kock het Vermeulen die seun goed geken.

Die saak is tot 18 Mei 2021 uitgestel.

Enigiemand met inligting kan sers. Algene Power by 082 4485972 skakel.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: