KYK: Len Muller maak op video bekend oor geslag van baba
Aan die begin vra sy vrou, wat ook die video opneem, wat hy besig is om te doen.

KYK: Len Muller maak op video bekend oor geslag van baba Foto: Instagram
SUID-AFRIKA. – Len Muller (37), die bekende sanger, het in ‘n video op Instagram bekendgemaak wat is die geslag van die baba wat hy en sy vrou, Chanel (32) verwag.
Aan die begin vra sy vrou, wat ook die video opneem, wat hy besig is om te doen. “Ek maak die koevert oop om te kyk of dit ‘n seuntjie of ‘n dogtertjie is,” antwoord hy dan. Sodra hy die koevert oopgemaak het, kan mens die opgewondenheid in sy gesig sien.
“Dis ‘n seuntjie,” sê Len dadelik. Onderaan die video skryf hy, hy en sy vrou is baie opgewonde.
LEES OOK: Kaylyn sterf na haar stryd met aggressiewe breinkanker
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.