April 20, 2021

Moordverhoor begin na meisie se kop in yskas gevind is

Hy het ook skuld beken op ’n aanklag van die skending van ’n lyk.

Moordverhoor begin na meisie se kop in yskas gevind is

Moordverhoor begin na meisie se kop in yskas gevind is

JOHANNESBURG. – Die moordverhoor van Elhadji Adama Kebe (33), wat skuldig gepleit het nadat hy sy meisie, Sibongile Zenzile (29), meer as een keer met ‘n skerp voorwerp gesteek het, haar kop afgesny het en dit in sy yskas gebêre het, het op Woensdag 7 April 2021 in die hooggeregshof in Johannesburg begin.

Hy het ook skuld beken op ’n aanklag van die skending van ’n lyk.

LEES OOK: Reuse akkedis maak amok in supermark

In April 2019 vermoor

Kebe, wat in 2016 van Senegal in Suid-Afrika aangekom het, het Zenzile in April 2016 vermoor en is die volgende dag in sy winkel in hegtenis geneem – nie ver van sy woonstel waar hy Zenzile vermoor het nie.

Kebe het in die hof gesê hy was deurmekaar en weet nie wat daardie dag met hom aangegaan het nie. Hy het ook in die hof gesê hoe jammer hy is en dat hy verdien om gestraf te word.

Kebe sal na verwagting volgende maand gevonnis word.

LEES OOK: Oreo-fudge-resep

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: