BRAKPAN. – Honderde mense het Saterdag in Minnebron voor wyle Yolandi Botes se ouerhuis bymekaargekom om hulle laaste eer te betoon.
‘n Somber, stil atmosfeer het geheers terwyl daar vir geregtigheid gebid is. Botes se familie was gedurende die verrigtinge ontroosbaar.
Selfs op Mosselbaai het ‘n spannetjie vroue met dieselfde doel byeengekom.
LEES OOK: Yolandi Botes-moord: Wat ons sovêr weet en Botes het glo haar lewe verander
Mariska Oosthuizen, Yolandi se suster, het op die Facebook-groep, Justice for Yolandi, gesê: “My Sussie, jou stem is nie stil nie. Daar is soveel mense wat vandag vir jou opgestaan het. Jou lewe het om almal gedraai, hulle seer was jou seer, hulle laste was jou laste, jy sou jou laaste gee, al was dit aan iemand onbekend.
Jou hart was groot en daar was altyd plek vir nog enetjie. Maar vandag het baie regoor die land en die wêreld jou stem geword.”
Kyk hier na die foto’s:














