GAUTENG. – Yolandi Botes (35), wie se liggaam op 4 Mei opgespoor is nadat sy in April verdwyn het en wreed vermoor is, het glo haar hele lewe verander nadat sy haar man, Wietzue Botes, ontmoet het.
Los glo beroep vir normale lewe
Netwerk24 berig Botes was eens ’n eksotiese danser in Gauteng, voordat sy die beroep gelos het om saam met haar man in Danabaai, Mosselbaai te gaan woon.
Botes was glo drie jaar gelede nog by eksotiese dans betrokke.
Bring die bewyse
Mariska Oosthuizen het die aantygings ontken en het aan Netwerk24 gesê haar suster was ’n huisvrou. “Mense wat die bewerings maak, moet die bewyse bring.”
“Ek wil net hê die persoon wat verantwoordelik vir my suster se dood, moet gevang word. Niemand verdien wat met haar gebeur het nie.”
Moenie verlede oopvlek
Botes se man, Wietzue, het tot op hede geen onderhoude toegestaan nie, maar het wel aan Netwerk24 gesê sy vrou se verlede het niks met haar moord te doen nie en verstaan nie hoekom almal nou haar verlede wil oopvlek nie.”
Lees ook oor haar verdwyning en moord hier, sowel as die foto’s van die blommelegging wat Saterdag plaasgevind het, hier.



