Yolandi Botes-moord: Wat ons weet sovêr

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Yolandi Botes (35), wat saam met haar man, Wietzue Botes, in Danabaai, Mosselbaai gewoon het, het op 26 April 2021 in Gauteng vermis geraak. Haar liggaam is op 4 Mei 2021 in die Vaalrivier naby Villiers gevind.

LEES OOK: Bloed in gastehuis dalk dié van Yolandi Botes

Hier is wat ons van haar verdwyning en moord sovêr weet:

  • 26ste – Gevlieg vanaf George na OR Tambo-lughawe in Johannesburg. Sy moes gaan na Brakpan om vir haar kinders (17, 15 en nege jaar oud, uit ’n vorige verhouding) te gaan kuier, wie by hulle pa woon. Sy het glo elke maand vir haar kinders gaan kuier.

 ’n Huurmotordiens neem haar van lughawe na ’n winkelkompleks in Edenvale (35 km van Brakpan in die teenoorgesteld rigting). Familie hoor niks meer van Yolandi nie en sy daag nie op by haar kinders nie.

’n Blou privaat voertuig tel haar by ’n winkelsentrum in Edenvale op. Haar selfoon tel laaste sein in Edenvale op.

  • 27Ste – Yolandi word deur haar familie in Brakpan as vermis aangemeld.
  • 28ste – Volgens ’n ooggetuie op ’n Facebook-groep, is Yolandi in Tweeling naby Villiers (190 km van Edenvale af) saam met ’n bruin man gesien. Sy het glo agter die stuur van GP-registrasie voertuig ingeklim. Glo aan mense gesê haar naam is Michelle.
  • 3 Mei – Bebloede gastekamer by gastehuis in Kempton Park (200km vanaf Tweeling) gevind. (Geen bevestiging of die gevalle verband hou).
  • 4 Mei – Dele van Yolandi se liggaam word in die Vaal rivier by Villiers, Vrystaat deur ‘n visserman en sy seun gevind. Yolandi se liggaam word positief deur ’n tatoe uitgeken.
  • 7 Mei – Polisie doen DNS-toetse om te bepaal of die bloed in die gastehuis dié van Yolandi is.
  • 11 Mei – Mariska Oosthuizen, Yolandi se suster, sê aan Pixie Pink, ’n aktivis vir mishandelde vroue- en kinders, die moord op haar suster is beplan.

Yolandi se liggaam kan Dinsdag 18 Mei deur familie afgehaal word.

Die polisie kan steeds nie bevestig of die bloed in die gastehuis aan Yolandi behoort nie en ook nie of die DNS-uitslae al ontvang is nie.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: Pixie Pink praat met Yolandi se suster: geregtigheid vir Yolandi