Pixie Pink praat met Yolandi se suster: geregtigheid vir Yolandi

Die saak is nie bespreek nie om te verhoed dat iets gesê word wat die polisie se ondersoek kan belemmer.

Pixie Pink praat met Yolandi se suster: Geregtigheid vir Yolandi

Pixie Pink praat met Yolandi se suster: Geregtigheid vir Yolandi

Pixie Pink, Victim Advocate, het gisteraand regstreeks met Mariska Oosthuizen, die suster van wyle Yolandi Botes, oor die gruwelmoord op haar suster wat die land geskok het, gepraat.

FiND iT het toestemming by Pixie gekry om die uitsending op ons Facebook-blad te deel.

LEES OOK: KYK: Video van man by bebloede gastehuis

Wat in die uitsending gesê is

Die saak is nie bespreek nie om te verhoed dat iets gesê word wat die polisie se ondersoek kan belemmer.

Pixie het gesê hoe Suid-Afrikaners se harte na die familie toe uitgaan en gevra niemand moet ophou bid nie.

Wat die dag van haar verdwyning gebeur het

Mariska het in die uitsending verduidelik Yolandi se man het gevra of iemand al iets van haar gehoor het. “Ons is ’n baie gehegte familie. Ons bly heeltyd in kontak met mekaar. Yolandi het selfs ’n paar jaar gelede ’n WhatsApp-groep begin waarop almal gesels het en waar sy laat weet het wanneer sy vertrek en wanneer sy geland het.”

Die familie het baie bekommerd geraak toe hulle niks van haar hoor nie. Hulle het haar Dinsdagoggend 27 April 2021 as vermis aangemeld.

Die soektog na Yolandi het begin en Mariska sê hulle het straat-op en straat-af gery op soek na kameras en tekens wat die polisie kon help. E-posse en foto’s is uitgestuur en daar is oral rondgevra.

Hartverskeurende nuus

“Ons harte is stukkend. Dit is verskriklik om te hoor hoe sy vermoor is. Daar gaan snaakse gedagtes deur jou kop. Sy is in stukke opgesny. Dit is ’n werklikheid. Mense moet besef hoe onmenslik dit was. Dit moet end kry. Wanneer gaan dit stop?”

Iets goed kan hiervan kom

Mariska sê ook sy hoop dat iets goed hiervan kan kom. “Yolandi se stem moenie doodgemaak word nie. Sy moet die stem wees vir ander. Laat ander mense gespaar kan word.”

Fondse en blomme

Die familie het ook ’n fondsinsameling begin in die hoop om genoeg geld in te samel sodat hulle Mike Bolhuis se fooi kan betaal.

’n Blommelegging, waartydens mense blomme vir Yolandi kan gaan neersit, is vir Saterdag hier gereël.

Beroep op SA

Pixie, sowel as Mariska, het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die polisie te bel indien hulle enigiets weet of gesien het.

“Al is dit iets kleins vir jou, dit kan dalk net die saak wyd oopbreek.”

LEES OOK: Man ontvoer en verkrag vrou na sy hom verwerp

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *