KYK: Video van man by bebloede gastehuis

In ’n stadium in die video kan ’n mens sien hoe die man na die gastehuis se kombuis sluip, maar daar is geen tekens dat hy ’n mes by hom het nie.

KYK: Video van man by bebloede gastehuis

KYK: Video van man by bebloede gastehuis Foto: Skermgreep van video

KEMPTON PARK. – ’n Video van die onbekende man wat by die bebloede gastekamer in Kemptonpark inboek, wys hoe hy alleen inboek en weer uitboek.

Die video is gister deur die gastehuis aan Netwerk24 bekendgemaak.

LEES OOK: Bloed in gastehuis dalk dié van Yolandi Botes

Onsekerheid oor verband met Yolandi Botes

Daar is tans nog onsekerheid of die kamer verband hou met die moord op Yolandi Botes (35) en of dit wel mensebloed is wat in die kamer aangetref is.

Die eienaar van die gastehuis het aan Netwerk24 gesê niemand wat aan die beskrywing van Yolandi Botes voldoen was in enige stadium by sy gastehuis nie.

Kamer reeds opgeruim

Hy het ook gesê hy het reeds die kamer begin opruim nadat die polisie Maandag daar was en nie weer, na vele pogings om hulle weer te ontbied, teruggekeer het nie. Die betrokke veiligheidsmaatskappy het glo gesê hy kan die kamer opruim.

Hy het ook aan Netwerk24 gesê hy dink nie daar is ’n moord gepleeg nie. “Daar was ’n bottel wyn in die kamer, dalk het die persoon dit met water gemeng en dit uitgemors sodat dit soos ’n misdaadtoneel moet lyk. Of dalk het die persoon ’n rituele offerande uitgevoer.”

Man boek alleen in en uit

In die video kan gesien word hoe die man alleen inboek. In ’n stadium het ’n ander gas vir hom gaan kuier, maar hulle het heeltyd in die binnehof gestaan en gesels. Die ander man het nooit die kamer binnegegaan nie.

In ’n stadium in die video kan ’n mens sien hoe die man na die gastehuis se kombuis sluip, maar daar is geen tekens dat hy ’n mes by hom het nie.

Hy verlaat dan ook weer die gastehuis alleen, blykbaar heel gesond en ongedeerd.

LEES OOK: Uber ondersteun polisieondersoek na Yolandi Botes-moord

Kyk die video hier:

KEMPTON PARK. – Kyk die video van die onbekende man wat by die bebloede gastekamer in Kemptonpark inboek hier. Lees meer hier: https://find-it.co.za/2021/05/12/kyk-video-van-man-by-bebloede-gastehuis/

Posted by Find it nuus on Friday, May 14, 2021

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *