Bloed in gastehuis dalk dié van Yolandi Botes

Deel hierdie storie / Share this story

WAARSKUWING: Foto’s in die berig kan sensitiewe lesers ontstel

GAUTENG. –  Die polisie wag nog vir uitslae om te bevestig of die bloed wat in ’n gastehuis in Kemptonpark gevind is, die van Yolandi Botes (35) is.

Lees die vorige artikel hier.

Gru-toneel in gastehuis

FiND iT het vroeër berig ’n gru-toneel het Maandag 3 Mei 2021 op polisie gewag nadat werknemers van ’n lodge op ’n bebloede kamer afgekom het slegs ‘n dag voordat dele van Yolandi Botes se liggaam in ‘n rivier op Villiers opgespoor is.

Sers. Dipuo Ditshego, polisiewoordvoerder vir Kemptonpark, het vroeër aan Kempton Express gesê die polisie is na die toneel uitgeroep, maar het niemand in die kamer gevind nie.

“By aankoms het die polisie die eienaar van die lodge vergesel en die kamer nagegaan. Hulle het baie bloed gevind, maar niemand was daar binne nie.”

Die polisie het ook glo ’n mes onder die bed se matras aangetref. Beeldmateriaal van die lodge wys ’n manspersoon het die lodge alleen besoek en dit ongedeerd verlaat.

Kan dalk verbintenis hê

Daar is egter nou ’n kans dat die twee tonele met mekaar verbind kan word indien die forensiese uitslae bewys dat dit Yolandi Botes se bloed is.

Sers. Dipuo Ditshego sê die polisie wag vir die forensiese uitslae wat sal bepaal wie se bloed dit is.

Mike Bolhuis ondersoek

FiND iT het ook vroeër berig Mike Bolhuis, privaat speurder, sal die moord op Yolandi Botes ondersoek.

Bolhuis het aan Maroela Media bevestig sy ondersoekspan ondersoek die moontlikheid dat Yolandi Botes in die gastehuis vermoor is.

Gastekamer in Kempton park. Foto: Kempton Express
Gastekamer in Kempton park. Foto: Kempton Express
Gastekamer in Kempton park. Foto: Kempton Express
Gastekamer in Kempton park. Foto: Kempton Express

LEES OOK: Man opgehang gevind: ‘Hy was ’n baie goeie werker’

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.