Ma vergiftig glo haarself en vier seuns na woordewisseling met man

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES. – Die polisie op Coligny ondersoek vier aanklagte van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek nadat ‘n ma (38) na bewering haarself en vier van haar ses seuns, tussen twee maande en 15 jaar oud, vergiftig het.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê volgens die inligting wat in hierdie stadium beskikbaar was, dui die verslae daarop dat die moeder en pa glo die Saterdagaand ‘n woordewisseling gehad het. “Die hele gesin, die ouers en ses seuns, het egter gaan slaap,” sê Myburgh.

Ma vergiftig glo haarself

Na bewering het die moeder gedurende die nag wakker geword en glo gif gedrink en dit deur die huis versprei. Die ma en vier seuns is glo as gevolg daarvan dood terwyl die pa en hulle ander twee seuns, onderskeidelik agt en 17 jaar oud, vir mediese behandeling na ‘n hospitaal opgeneem is.

Myburgh het gesê ondersoeke duur voort.

LEES OOK: Indië se Covid-19-variant (B.1.617.2) nou in Suid-Afrika

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.