CERES. – Geraldo Wanza, Cedric Fortuin, Jaydene Hector, Keanno Africa en Sue-Ann Rauss is die vyf mense wat Saterdag tragies oorlede is toe ‘n ongeluk op die R303 buite Ceres plaasgevind het.
Die ongeluk het om ongeveer 23:30 plaasgevind.
Jandré Bakker, provinsiale woordvoerder van die verkeersafdeling, sê vier voertuie was in die ongeluk betrokke.
Die rede vir die ongeluk is nog onbekend.
In die een voertuig is die manlike bestuurder en al drie sy passasiers – twee vrouens en ‘n man – dood. Daar is met die man wat in die tweede voertuig was, na die Ceres-hospitaal gejaag. Die derde voertuig se bestuurder kon nie op die toneel gevind word nie.”
Lees ook: Eureka-onderwyseres sterf in motorongeluk
Volgens Bakker was die vierde voertuig ‘n minibustaxi. Die taxi se bestuurder is oorlede en ses van sy pasassiers het beserings opgedoen.
Die omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners. As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]. FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds. FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



