Eureka-onderwyseres sterf in motorongeluk

KIMBERLEY. – Laerskool Eureka het hul meegevoel uitgespreek met die dood van ‘n gr. 2-onderwyseres ná ‘n ongeluk Vrydagaand op die N12 net buite Kimberley plaasgevind het.

“Twee onderwyseresse van Eureka was vanaand (Vrydagaand) in ‘n motorongeluk betrokke,” sê Manie Verreyne, Laerskool Eureka se skoolhoof.

“Dit is met groot heimwee en smart dat ek u moet meedeel dat mej. Mariëtte Beeslaar, graad 2-onderwyseres, vanaand tragies in n motorongeluk oorlede is. Mej. Charné van Wyk, graad 6-onderwyseres, is in ‘n stabiele toestand in die Gariep-hospitaal. Sy het verskeie beenbreuke en beserings. Ons innige meegevoel gaan met die Beeslaar-familie. Ons bid vir hulle. Ons gebede is met mej. Charné. Sodra ek meer inligting het, sal ek dit aan u meedeel.”

FiND iT hou jou op hoogte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *