Een persoon dood en een persoon beseer in botsing op N12

KIMBERLEY. – ‘n Motor het vanaand met ‘n vragmotor op die N12 net buite Kimberley verby Kalahari Lodge gebots.

Volgens ‘n bron het die voertuig teen die tweede wiel van agter van die vragmotor gebots. Dit blyk asof hulle die motor gerem het.

Een vrou is oorlede en die ander is deur die ambulans na Gariep MediClinic geneem.

Day & Night Towing sal die motor wegsleep.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *