Man in hegtenis wat glo sy vrou doodskiet

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ‘n Man (34) is vanmiddag in hegtenis geneem nadat hy glo vanoggend sy vrou (32) in Shoprite se parkeerarea op die hoek van Grobler- en Landdros Marestraat doodgeskiet het.

LEES OOK: Vermiste vrou wreed vermoor

Polisie kry oproep

Die polisie het omstreeks 14:00 ‘n oproep oor die insident ontvang. Met hulle aankoms het hulle die liggaam van ‘n vrou met verskeie skietwonde in ‘n motor aangetref.

Voorlopige ondersoeke het getoon die vrou en ‘n onbekende man het in die voertuig gesit toe die vrou se man opgedaag het en haar menige kere geskiet het. Sy is onmiddellik op die toneel dood.

Die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Tienermeisie sterf tydens seksuele aanranding

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.