Vermiste vrou wreed vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Yolandi Botes (35), van Brakpan, wie op 26 April 2021 vermis geraak het nadat sy na bewering ‘n Uber geneem het van die OR Tambo-lughawe af, is wreed vermoord.

Yolandi se liggaam is Dinsdag naby die Vaal Holiday Resort, Villiers, gevind. Haar liggaam is in stukke opgesny en langs die rivier gevind.

Familie eis geregtigheid

Mariska Oosthuizen, Yolandi se suster het vanoggend op haar Facebook-bladsy gesê die familie eis geregtigheid vir die moord.

“SAPD, hoekom het julle nie julle werk gedoen nie? Julle kon haar lankal gekry het. Dit was ’n beplande moord. My suster is in stukke gekap en in die rivier gegooi asof sy niks is nie. Sy was nie niks nie! Ons soek antwoorde.”

Liggaamsdele uit rivier gehaal

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ’n pa en sy seun het Dinsdag liggaamsdele in die water opgespoor terwyl hulle by die Vaal Holiday Resort visgevang het.

“Die polisie se soek-en-reddingspan het verskeie liggaamsdele uit die rivier gehaal.”

Yolandi is positief aan ’n tatoe uitgeken.

Lees ook toe sy weggeraak het, hier, asook die moontlike verbintenis met ‘n bebloede kamer in ‘n lodge, hier.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.