VILLIERS. – Yolandi Botes (35) se liggaam is Dinsdag naby die Vaal Holiday Resort naby Villiers gevind.
Truth and Justice Continues berig Botes is positief aan ’n tatoe uitgeken.
Dele van Botes se liggaam is glo deur ’n visserman ontdek.
Inspekteur .a.o. Mthethwa van die Brakpan-polisie, het aan FiND iT bevestig Yolandi se liggaam is gevind, maar geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
LEES OOK: Vrou al ses dae vermis na sy glo Uber neem
Grutoneel in Kemptonpark
’n Grutoneel het Maandag in Kemptonpark, Gauteng, op werknemers van ’n lodge gewag wat op ’n bebloede kamer afgekom het.
Sers. Dipuo Ditshego, polisiewoordvoerder vir Kemptonpark, het aan Kempton Express gesê die polisie is na die toneel uitgeroep, maar het niemand in die kamer gevind nie.
“By aankoms het die polisie die eienaar van die lodge vergesel en die kamer nagegaan. Hulle het baie bloed gevind, maar niemand was daar binne nie.”
Die polisie het ook glo ’n mes onder die bed se matras aangetref. Beeldmateriaal van die lodge wys ’n manspersoon het alleen die lodge besoek en dit ongedeerd verlaat.
Polisie kan nie bevestig of die toneel ‘n verbintenis met Botes se dood het nie.
LEES OOK: Yolandi Botes se liggaam gevind
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



