GAUTENG. – Yolandi Botes (35) is sedert 26 April 2021 vermis nadat sy glo ’n Uber vanaf OR Tambo-lughawe geneem het. Sy het nooit haar bestemming bereik nie.
LEES OOK: Ma hang glo baba oor stoel om drankie te geniet
In Uber geklim
Mariska Oosthuizen, Yolandi se suster, sê hulle vermoed sy is dalk ontvoer, omdat hulle haar in die Uber sien klim het nadat iemand met haar gepraat het. “Sy was op pad na haar kinders toe, maar het nooit daar opgedaag nie. Sy moes al weer teruggevlieg het George toe. Ons het nog niks weer van haar gehoor nie.”
Indien jy enige inligting het oor waar Yolandi haarself bevind, skakel die OR Tambo-polisie by 011 977 5434.
Daar is geen wagtydperk om ’n vermiste persoon aan te meld nie.
LEES OOK: Plaasaanval: Drie bejaarde vroue beseer



