’n Foto doen die rondte op sosiale media van ’n ma wat glo haar baba oor ’n kroegstoel hang om ’n drankie saam met ’n man te geniet.
LEES OOK: Plaasaanval: Drie bejaarde vroue beseer
Paar jaar gelede geneem
Alhoewel die foto glo ’n paar jaar gelede geneem is, word dit weer die week op sosiale media rondgestuur en mense is kwaad.
Baba hang oor stoel
In die foto kan die baba, wat drie maande oud geskat word, in sy babadraer wat oor die kroegstoel gehang is, gesien word. Die ma kan gesien word waar sy op die stoel sit en met ’n man langs haar gesels.
Duisende Reddit-gebruikers het hulle mening oor die situasie gelug en aangevoer die ma moet van kindermishandeling aangekla word.



