Moord wat die wêreld geskok het: Judith Barsi

Deel hierdie storie / Share this story

Judith Barsi is na jare se mishandeling op 10-jarige ouderdom tragies deur haar pa, József Barsi, vermoor. Op 25 Julie 1988 het hy haar doodgeskiet terwyl sy geslaap het en haar ma, Maria Barsi, vermoor. Daarna het hy hul liggame verbrand voordat hy twee dae later sy eie lewe geneem het.

LEES OOK: Meisie vermis in Roodepoort

Kinderster

Judith Eva Barsi, gebore 6 Junie 1978, was ’n Amerikaanse kinderaktrise uit die 1980’s. Sy het ’n loopbaan in televisie begin en het in advertensies en televisiereekse verskyn, asook in die film Jaws: The Revenge. Sy het stemme gelewer vir geanimeerde karakters in The Land Before Time en All Dogs Go to Heaven.

Teen die tyd wat sy gr. 4 begin het, het Barsi na beraming $ 100 000 per jaar verdien, wat haar gesin gehelp het om ’n drieslaapkamerhuis in West Hills, Los Angeles, te koop.

Mishandeling

Namate Barsi se loopbaansukses toegeneem het, het haar pa, ’n alkoholis, toenemend kwaad geword en sou hy gereeld dreig om sy vrou en dogter dood te maak. In Desember 1986 het Maria sy dreigemente en fisieke geweld teenoor haar by die polisie aangemeld. Nadat die polisie geen fisieke tekens van mishandeling gevind het nie, het sy besluit om nie klagtes teen hom in te dien nie.

József het glo mettertyd ophou drink, maar het Maria en Judith aangehou dreig. Sy verskillende dreigemente was onder meer om hul kele af te sny en die huis af te brand.

Ontstellende gedrag

As gevolg van haar mishandeling het Barsi begin gewig optel en het sy ontstellende gedrag getoon, soos om haar wimpers uit te pluk en haar kat se snorbaarde uit te trek (sien trichotillomania). In Mei 1988 is Barsi deur Maria na ’n kindersielkundige geneem, wat ernstige fisieke en emosionele mishandeling geïdentifiseer het en haar bevindings aan Child Protective Services gerapporteer het.

Die ondersoek is laat vaar nadat Maria die saakwerker verseker het dat sy van plan was om van Jozsef te skei en dat sy en Judith in ’n woonstel gaan woon wat sy huur.

Liggame gevind

Op 28 Julie 1988 berig die Los Angeles Times dat drie mense dood aangetref is in ’n oënskynlike moord-selfdood en dat die lyke glo dié van Barsi, haar moeder Maria en haar vader József was.

 In die artikel word aangehaal dat lt. Warren Knowles van die polisie gesê het dat József ’n vlambare vloeistof, waarskynlik petrol, op die lyke van Maria en Judith gegooi het. József se lyk is in die motorhuis, dood aan ’n self toegediende skietwond gevind.

LEES OOK: Polisie soek vermiste persone