KWAZULU-NATAL. – Die Mlazi-polisie versoek die gemeenskap se hulp om Nkosingiphile Msomi (36) en Fikile Happiness Gigaba (35) van Umlazi op te spoor.
LEES OOK: Seksuele verhoudings rede vir geen borg
Maart vermis geraak
Nkosingiphile is laas op 13 Maart 2021 omstreeks 17:00 by sy woonplek gesien. Hy is skraal, ongeveer 1, 6 meter lank en hy is donker van kleur.
April vermis geraak
Fikile is laas op 11 April 2021 omstreeks 08:00 by haar woonplek gesien. Sy is gemiddeld gebou, ongeveer 1,6 meter lank en lig van kleur.
Enigiemand met inligting oor waar die vermiste persone hulle bevind, kan konst. NP Cele by 031 908 0039 kontak.



