Seksuele verhoudings ‘rede vir borg’

Deel hierdie storie / Share this story

POFADDER. – Suretha Brits (30) het glo seksuele verhoudings met twee mans tydens haar huwelik met Leon Brits gehad.

Netwerk24 berig dit is een van die redes waarom die staat in die landdroshof op Pofadder aangevoer het borgtog nie toegestaan moet word nie.

Die polisie het glo inligting oor die verhoudings bekom.

LEES OOK: Vyftien ontsnapte gevangenes steeds op vrye voet

Kinders word goed versorg

Verder is daar in die hof aangevoer Suretha se mediese toestand is nie van so ‘n aard dat dit lewensgevaarlik is nie en haar minderjarige kinders word goed deur haar ma en suster versorg.

Suretha het in die hof bevestig sy gaan skuld op alle aanklagte teen haar ontken.

Vermoor

Leon Brits is op 7 Oktober 2020 in ‘n swembad by een van die egpaar se eiendomme op Pofadder gevind. Daar was verskeie steekwonde aan sy liggaam.

Bly in aanhouding

Suretha is borg geweier en sal in aanhouding bly tot die saak op 17 Mei voortgaan.

LEES OOK: Dove sê selfbeeld word bedreig