PRETORIA. – Augustine Omini Oboni (40), ‘n Nigeriese man, is vandag in die Benoni-landdroshof gevonnis na hy skuldig bevind is aan mensehandel, twee klagtes van verkragting, statutêre verkragting, seksuele uitbuiting en die bedryf van ‘n bordeel.
“Die 12-jarige meisie is vir drie maande in ‘n woonstel in Sunnyside aangehou,” sê Lumka Mahanjana, woordvoerder van die NPA.
Lees ook: ‘Vier kinders & ‘n bus’
“In hierdie tydperk het hy haar dwelms ingegee en haar forseer om met vyf tot ses mans per dag te slaap.”
Lees ook: Onderwyser verloor werk by kleuterskool oor tatoes
Oboni is in 2016 gearresteer en is borgtog geweier.
Volgens die polisie was die 12-jarige meisie op pad na ‘n parkie toe ‘n onbekende vrou na haar toe gekom het en haar oortuig het om na Oboni se woonstel in Sunnyside te gaan.



