Meisie vermis in Roodepoort

Deel hierdie storie / Share this story

ROODEPOORT. – Tanya Mudzviti (15) word sedert 27 April 2021 in die Witpoortjie-area vermis.

Mudzviti het glo haar huis te voet verlaat sonder om haar familie in kennis te stel. Sy het sedert haar verdwyning met niemand kontak gemaak nie.

Enigiemand met inligting word aangemoedig om vir Dawn by 074 712 5855 of die Roodepoort-polisie by 011 279 8521 te skakel.

LEES OOK: Polisie soek vermiste persone