Man wat meisie as seksslaaf aanhou, gevonnis

Man wat meisie as seksslaaf aanhou, gevonnis (Foto: The Citizen)

Man wat meisie as seksslaaf aanhou, gevonnis (Foto: The Citizen)

BENONI. – Die 44-jarige man van Sunnyside is tot drie lewenslange vonnisse gevonnis vir mensehandel, verkragting, statutêre verkragting en seksuele uitbuiting van ‘n 12-jarige meisie.

Augustine Omini Obono is Donderdag ook deur die hooggeregshof van Pretoria, wat in Benoni gesit het, skuldig bevind aan ontvoering en die bedryf van ‘n bordeel.

“Die 12-jarige meisie was op 3 September 2016 by ‘n park in Derdepoort saam met van haar vriende toe ‘n vrou haar oortuig het om na Obono se woonstel te gaan,” het Lumka Mahanjana, woordvoerder van die NPA, gesê.

Die vrou het die meisie belowe dat sy haar die volgende dag geld vir ‘n taxi sou gee.

Toe hulle egter volgens Mahanjana by die woonstel aankom, het die vrou die meisie aan Oboni oorhandig vir die doel om seksueel en as prostituut gebruik en uitgebuit te word.

Die meisie is vir drie maande in die woonstel aangehou en in dié tydperk het Obono haar dwelms ingegee en daagliks forseer om met vyf of ses mans seks te hê.

Sy kon uiteindelik in Desember 2016 ontsnap en na haar oom in Mamelodi gegaan. Sy het hom vertel wat gebeur het en hy het die polisie in kennis gestel.

Oboni is in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhouding.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: