Menendez-broers – regverdig toegesluit of nie?

Uiteindelik is die seuns deur hul pa verkrag.

Erik en Lyle Menendez het elk lewenslange gevangenisstraf gekry, sonder die moontlikheid van parool. Die rede agter die moord laat toeskouers wonder of dit regtig 'n regverdige besluit was om die broers tronkstraf toe te dien.

Erik en Lyle Menendez het elk lewenslange gevangenisstraf gekry, sonder die moontlikheid van parool. Die rede agter die moord laat toeskouers wonder of dit regtig 'n regverdige besluit was om die broers tronkstraf toe te dien. (Foto: Distractify)

In 1989 is die egpaar José en Mary “Kitty” Menendez in hul woning in Beverly Hills doodgeskiet. Na sewe jaar is hulle seuns Erik en Lyle Menendez skuldig bevind aan hul moord. Die Menendez-broers het elk lewenslange gevangenisstraf, sonder die moontlikheid van parool, gekry. Die rede agter die moord laat mens wonder of dit regtig ‘n regverdige besluit was om die broers tronkstraf te laat uitdien.

Volgens Biography is José deur sy ouers uit Kuba gestuur vir ‘n beter toekoms in Amerika. Hy het vir eers in sy neef se solder gewoon tot hy ‘n kollege-beurs vir swem ontvang het. Daarna het hy vir Kitty, ‘n skoonheidskoningin, ontmoet. Hy het ‘n suksesvolle uitvoerende hoof van vermaak geword nadat hulle getrou het. José het talle kontrakte met bekende sangers gesluit. Hulle het selfs al in huise waarin Michael Jackson en Elton John vroeër gewoon het, gewoon.

Hulle seuns Lyle en Erik, wat 21 jaar en 18 jaar oud was toe die moorde plaasgevind het, was beide toppreesteerders in tennis. Die seuns is deur hul pa gedruk om goed in die sport te vaar. “Dit het gelyk of José baie mededingend was. Hy het alles in sy vermoë gedoen om die seuns te probeer verbeter,” het hul voormalige swemspanafrigter in 1990 aan die Los Angeles Times gesê. “Hy was so heeltemal aanmatigend dat dit die teenoorgestelde uitwerking gehad het. Erik het soveel minder selfvertroue gehad, want alles wat hy gedoen het, was nooit goed genoeg nie.”

Die Menendez-moorde was baie wreed

Die egpaar is 15 keer met twee haelgewere geskiet. Vroeë ondersoeke was op mededingers en ‘n uitvoerende beampte, wat konflik met José gehad het, gerig. Aanvanklik het die seuns aangevoer hulle moes die aand van die moord Erik se identiteitsdokument tuis gaan haal omdat hulle ‘n fliek wou gaan kyk. Dis toe dat hulle glo hul ouers se liggame gevind het. Na die moorde het die seuns wild omgegaan met hul pa se fortuin en dit het ondersoekers agterdogtig gemaak.

Die Menendez-broers het aan hul terapeut genaamd dr. Jerome Oziel erken dat hulle verantwoordelik was vir hul ouers se dood. Hy het die inligting met die polisie gedeel.

Bewyse van foto’s van die Menendez-broers se genitalieë is in die hof gewys

Tydens die verhoor het die seuns vertel dat hulle pa se ysterhand oor hul prestasies nie die enigste trauma is wat hulle ervaar het nie. Volgens die Menendez-broers het José hulle van kleintyd af ​​gemolesteer en verkrag. Grafiese beskrywings hiervan het die wêreld geskok. Beide Lyle en Erik het vertel hul pa het dit eers as ‘n straf gedoen. Daarna het hy begin om ‘n seksuele band met die seuns te vorm. Hy het hulle vertel dis normaal en dis hoe dit moet wees. Die seuns is eers gedwing tot orale seks, daarna is hul gesodomiseer. Uiteindelik is die seuns deur hul pa verkrag.

Kitty het glo geweet wat aangaan

Hul advokaat, Leslie Abramson, het aangevoer die twee het ter selfverdediging opgetree nadat hulle in so ‘n gewelddadige en traumatiserende huis grootgeword het. Lyle het ‘n grafiese getuienis gelewer. Jare later het ‘n familie-lid gesê sy glo die storie omdat hy haar soortgelyke dinge vertel het toe hy ‘n kind was. Die verdediging het Kitty ook aangeval as ‘n kil, gebroke vrou, ‘n alkoholis, dwelmverslaafde, ‘n nuttelose moeder wat deur José se vele verhoudings verwoes is.

Daar is talle video’s beskikbaar waarna ‘n mens kan luister hoe die seuns vertel van die seksuele mishandeling wat hul glo tydens hul kinderjare ervaar het.

Die Menendez-broers is in 1996 na aparte tronke gestuur en is in 2018 in dieselfde tronk geplaas. Beide broers hou by hul weergawe van hoekom hulle hul ouers vermoor het. Die Menendez-broers het altwee met vrouens buite die tronk getrou wat hulle ontmoet het deur briewe te skryf.

Tot nou toe word die Menendez-saak steeds bevraagteken en baie dokumentêre is oor die saak gemaak. Talle aanhangers van die broers voel hul het ter selfverdediging opgetree weens die wreedheid wat hul ervaar het.

Lees ook: Pa vermoor glo kinders terwyl hy uit is op borg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: