Plaasaanval: Drie bejaarde vroue beseer

Deel hierdie storie / Share this story

TIERPOORT. – Drie bejaarde vroue is op 29 April 2021 op ‘n plaas naby Tierpoort aangeval.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die drie susters van onderskeidelik 79, 74 en 71 jaar oud het in hulle sitkamer gesit en gesellig verkeer toe hulle omstreeks 20:00 ‘n hond hoor blaf het.

LEES OOK: Moord wat die wêreld geskok het: Judith Barsi

Onbekende mans

“Drie mans in balaklawas en in swart geklee het die huis betree. Die verdagtes het wapens vanuit die huis gebruik om die slagoffers te dreig. Hulle het sleutels vir voertuie, selfone, wapens en kontant geëis.”

Die verdagtes het daarna die slagoffers met ‘n knopkierie aangerand en met ‘n mes gesteek.

Gevlug met bakkie

Die verdagtes het weggejaag met ‘n Ford Ranger-bakkie, ses selfone, en ‘n onbepaalde bedrag kontant.

Die registrasie van die bakkie is FGP718 FS.

Enige persoon met inligting word versoek om die polisie by 086 00 1011 te skakel.

LEES OOK: Meisie vermis in Roodepoort