Die Noord-Kaapse departement van onderwys het die nodige voorsorgmaatreëls getref om die verspreiding van Covid-19 by die Hoër Tegniese Skool Kimberley te probeer bekamp.
Die skool is deur die departement gesluit om die skool te ontsmet na agt positiewe gevalle van Covid-19 die afgelope week by die skool aangemeld is.
Die departement sê hy werk saam met die departement van gesondheid om te verseker alle Covid-19-protokolle is in plek om die verspreiding van die virus te verminder. “Die departement van onderwys kan die publiek gerusstel dat ons ons leerlinge en onderwysers se beste belange op die hart het,” sê Lehuma Ntuane, woordvoerder vir die departement. “Die situasie by HTS is onder beheer en die skool volg die maatreëls en protokolle.”
Lees ook: Nuutste Covid-19-syfers in SA
Verder sê die departement hy is bekommerd oor die styging van Covid-19-infeksies en sê hy verwag van alle skoolgemeenskappe om hulle maskers te dra, hande te was of saniteer en sosiale distansiëring te handhaaf.
Lees ook: Jou rybewys binnekort op jou foon
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



