Is jy iemand wat gereeld jou beursie met jou rybewys daarin by die huis vergeet, maar nooit sonder jou selfoon iewers heen gaan nie? Dan is hier goeie nuus vir jou!
Die Driving License Card Account (DLCA) sê hy is besig met groot aanpassings op sy sisteem vir die land se eerste elektroniese rybewys op jou foon.
Lees ook: Pa stuur glo boodskap: ‘Ek bring nie jou kind terug nie’
Die DLCA is die departement van vervoer se afdeling wat rybewyskaarte administreer en het bekendgemaak dat elektroniese rybewyse nou moontlik is.
Fikile Mbalula, minister van vervoer, het gesê daar word beoog om die e-rybewyse teen 2022 bekend te stel.
Lees ook: As kindertekeninge regtig was…
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



