ALBERTON. – Die vierjarige Micha-EL wat op 25 April saam met sy pa verdwyn het ná hy die naweek by hom gekuier het, word steeds vermis.
Sy ma, Annamarie Gouws, sê daar is nog geen nuwe verwikkelinge in die saak nie en dat sy, die polisie en privaat speurders steeds na haar seuntjie op soek is.
Micha-EL vermis na kuier by pa
Adrian Muller, klein Micha-EL se pa, het die Sondag toe hy Micha-EL aan sy ma op Witbank moes terugbesorg, vir haar ‘n boodskap gestuur en gesê dat hy nie weer vir Micha-EL vir haar sal teruggee nie.”
Lees ook: Leo Prinsloo onder beskerming ná doodsdreigemente
Volgens Annamarie het die WhatsApp-stemboodskap gesê dat Adrian nou by die ZAR Boervolk aangesluit het en dat hy nie meer aan Suid-Afrika se wette onnderhewig is nie.
Lees meer hier.
As jy Micha-EL of sy pa iewers gewaar of weet waar hulle is, kontak die laaste SAPD-kantoor of vir Tinky by 063 440 3838.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



