PRETORIA. – Leo Prinsloo en sy gesin is tans onder beskerming nadat hy doodsdreigemente ontvang het.
Deon Coetzee, besturende direkteur by Fortis Pro-Active Defence Solutions, het aan News24 gesê hulle moes beskermingsmaatreëls ná die aandag wat Prinsloo in die media getrek, tref.
“As gevolg van wie ook al agter die georganiseerde misdaad is, het Prinsloo doodsdreigemente gekry, so ons neem dit ernstig op,” sê Coetzee.
Lees ook: ‘Dit was my vierde dag,’ sê man langs Leo
Prinsloo, wat op 22 April van transitorowers kon wegkom, het internasionaal opslae gemaak toe hy op ‘n video van die rooftog so koel soos ‘n komkommer voorgekom het.
Prinsloo het sedert die video in omloop is, die status van Suid-Afrika se eie Chuck Norris.
In die video is dit duidelik hoe Prinsloo in die truspieëltjie loer oomblikke voor die koeëls op hom en sy kollega begin reën. Hy reageer dadelik en begin deur die verkeer wegjaag van die rowers en sê intussen vir sy kollega om sy wapen gereed te hou.
Prinsloo is ‘n voormalige lid van die SAPD en die hoofinstrukteur by Fortis Pro Active Defence se Lone Operator-kursusse.
Lees ook: Meyerton-hoërskooljuffrou sterf tragies in motorongeluk



