Rebel Wilson (41), bekende Australiese aktrise en komediant, het onlangs op haar Instagram-profiel bekend gemaak sy sukkel met vrugbaarheid. Dit nadat sy in 2020 meer as 30 kg verloor het om haar gesondheid en vrugbaarheid te bevorder.
LEES OOK: Man doen hom glo as straatswerwer voor na verkragting
Slegte nuus
Rebel Wilson het ’n foto van haarself by die see geplaas met die opmerking: “’Ek het vandag slegte nuus ontvang en niemand gehad om dit mee te deel nie, maar ek moet net vir iemand sê. Vir al die vroue daar buite wat met vrugbaarheid sukkel, ek weet hoe dit voel.”
In die verlede het Wilson onthul dat sy gediagnoseer is met polisistiese ovariumsindroom, ’n algemene hormonale afwyking wat dit moeilik maak vir ’n vrou om swanger te raak.
Verlede jaar het Wilson aan DailyMail onthul dat sy haar gesondheid wou verbeter omdat sy besluit het om haar eierselle te vries.
Gesonder leef
“Ek het gedink aan vrugbaarheid en om eierselle van ’n goeie gehalte te vries, so ek het besluit ek gaan dit doen. Ek gaan gesond leef. Die heelal werk op misterieuse maniere en soms maak alles nie sin nie, maar ek hoop dat daar lig deur al die donker wolke gaan skyn.”
Wilson en haar kêrel, Jacob Busch, se paadjies het in Februarie vanjaar geskei. Die paar het vir ongeveer n jaar uitgegaan.
LEES OOK: Man oorlede na hospitaal operasie uitstel weens watertekort
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



