Man oorlede na hospitaal operasie uitstel weens watertekort

Sy seun moes op 15 April 2021 ’n opvolgnoodoperasie ondergaan.

Man dood na hospitaal operasie uitstel weens watertekort

Man dood na hospitaal operasie uitstel weens watertekort Foto: Maroela Media

KIMBERLEY. – Ivan Gerber (36) is in April 2021 in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal (bekend as Kimberley-hospitaal) oorlede nadat sy noodoperasie met drie dae weens ’n watertekort uitgestel is.

Johan Gerber, Ivan se pa, het aan Maroela Media gesê sy seun moes op 15 April 2021 ’n opvolgnoodoperasie ondergaan nadat sy blindederm op 14 April by dié hospitaal verwyder is.

LEES OOK: Trok met petrolbom bestook

Blindederm “vrot”

Maroela Media berig Ivan se blindederm was heeltemal “vrot” en die opvolgoperasie wat om sy buik skoon te maak.

Die operasie moes vir drie dae uitgestel word omdat die hospitaal nie water gehad het nie. In daardie stadium het die hele stad van Kimberley nie water gehad nie nadat Sol Plaatje-munisipaliteit die watertoevoer op Sondag 11 April afgesny het.

Gerber het glo daagliks die hospitaal gebel om te hoor wat aangaan, maar elke keer was die antwoord daar is geen water nie, dus hulle kan nie opereer nie.

LEES OOK: Beginnersgids vir gaming

Ses dae later dood

Die operasie is uiteindelik op 18 April 2021 uitgevoer, maar Gerber is ingelig sy seun is baie siek as gevolg van infeksie en het ’n geperforeerde kolon gehad. Ivan is ses dae later oorlede.

Gerber voel sy seun sou nog gelewe het indien die operasie betyds gedoen was. Hy oorweeg dit nou om regstappe teen die hospitaal te neem.

Water beskikbaar gestel

In die week wat die stad sonder water was, het die munisipaliteit, die brandweer, sowel as ’n privaat maatskappy water aan inwoners, skole, hospitale en ouetehuise voorsien.

Water is deurnag deur die brandweer en munisipale voertuie aangery en watertenks is volgepomp. Selfs privaat inwoners het hulle boorgate beskikbaar gestel indien iemand nie water kon bekom nie.

Daar is nie in hierdie stadium sekerheid of water deur die bogenoemde vir die hospitaal beskikbaar gestel is nie.

FiND iT het navraag by die departement van gesondheid gedoen en wag vir terugvoer.

LEES OOK: Instagram-wenk vir die dag

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *