GAUTENG. – ’n Trokdrywer was gelukkig om te ontsnap toe sy trok Maandag 3 Mei 2021 op die N3-snelweg in Ekurhuleni met ’n petrolbom bestook is.
Daar word beweer ’n vragmotor is Maandag omstreeks 05:15 deur ’n groep onbekende mense op die N3-snelweg naby Leondale met ’n petrolbom bestook. Die bestuurder het daarin geslaag om ongedeerd uit die brandende vragmotor te ontsnap.
LEES OOK: Kimberliete wil kinders terugstuur skool toe
Petrolbom-verdagtes in hegtenis
Lt. genl. Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, sê sewe verdagtes is na die voorval in hegtenis geneem.
“Dieselfde groep verdagtes het glo twee ander vragmotors aangeval, maar het glo net die sleutels gevat en die vragmotors in die middel van die pad gelos.”
Die eerste verdagte is kort na die voorval in hegtenis geneem, terwyl die ander vyf verdagtes ’n paar uur later aangekeer is.
Mawela het die inhegtenisneming verwelkom.
Verskyn in hof
Die verdagtes, wat tussen 29 en 41 jaar oud is, sal Woensdag 5 Mei 2021 in die landdroshof in Palm Ridge op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging, poging tot kaping en die inmenging met noodsaaklike infrastruktuur verskyn.
LEES OOK: Voëlklip-tragedie: Heidi Scheepers sou vandag verjaar
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



