Kimberliete wil kinders terugstuur skool toe

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Ouers kan nie wag om hulle kinders weer voltyds terug te stuur skool toe nie. Kinders het gedurende die pandemie kosbare leertyd verloor en volgens ouers is kinders uit hulle roetine uit met dié dat hulle net elke tweede dag skool toe gaan.

LEES OOK: Voëlklip-tragedie: Heidi Scheepers sou vandag verjaar

Departement moet besluit maak

Die departement van onderwys sal die week ’n besluit maak oor of kinders voltyd sal terugkeer skool toe.

Die departement sal Donderdag en Vrydag vergaderings hou en oor die besluit beslis.

Ouers gesels

Marie Szewzyk het op Facebook gesê: “Absoluut hoogtyd! Kinders verloor hopeloos te veel onderrig.”

Christine Phillips sê: “Kinders het so baie tyd al verloor. Dit sal beter wees as hule voltyds terug by die skool is, minder druk sal dan ook op kinders geplaas word of ons hoop maar so, maar tans moet die onderwyser vir twee dae dieselfde les aanbied.”

Ronel Visser sê: “Ja asseblief, normaal skool en normale sportprogramme.”

Yolandi de Jager sê: “Kan nie wag nie. Kinders word ’n groot onreg aangedoen en die lewe moet aangaan.”

LEES OOK: Vrou kraam op vliegtuig